Lasbrief uitgereik in Thabo Bester-saak
Die Hooggeregshof in Bloemfontein het ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van beskuldigde nommer vier in die Thabo Bester-tronkontsnappingsaak. Die voorverhoor is vandag hervat, na ‘n vorige uitstel om van die beskuldigdes toe te laat om nuwe regsverteenwoordiging te kry. Die adjunkregterpresident, Cagney Musi, sê die verhoor is geskeduleer vir 10 Februarie volgende jaar en sal tot die einde van die termyn voorduur.