Langer, taaier Dash op 6 Desember

Namibië se uitmergelende jaarlikse Nedbank Desert Dash wat vanjaar vir die 20ste keer plaasvind, is in Windhoek bekendgestel. Die langste ooit op 401 kilometer begin op 6 Desember by die Grove-winkelsentrum in die hoofstad en eindig die volgende dag buitekant Swakopmund aan die kus. Een van die organiseerders en bekende fietsryer, Leander Borg sê meer as 900 ryers het reeds ingeskryf insluitende 190 solo-jaers en 15 met e-fietse.