Langer kraamverlof ‘om stemme vir Swapo te lok’

Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is onlangs van 12 tot 14 weke verleng en ‘n aanvulling-betaling is ingestel. Die betaling verseker dat werknemers hul volle basiese salaris sal kry, en dek die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel. Die aankondiging het debat ontlok. Geslagsaktivis Ngamane Karuaihe-Upi sê dat dit ‘n strategiese skuif kan wees weens die komende verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngamane Karuaihe-Upi gepraat, wat uitbrei.