Landwye staking by SA Inkomstediens duur voort

‘n Landwye staking by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word vandag voortgesit. Werkers wat aan die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond en die Vereniging van Staatsamptenare behoort, eis ‘n loonverhoging van sewe-persent. Die belastingagentskap het oorspronklik geen verhoging aangebied nie, terwyl werkers 12-persent geëis het. Die inkomstediens het intussen 1,4-persent aangebied, en die werkers het hulle eis tot sewe-persent verlaag. Die staking kan die invordering van belasting by die land se grensposte en ander dienste raak.