Landwye poging nodig om misdaad teen toeriste te bekamp

Reaksie word ontvang op toeriste wat weer die slagoffers van misdadigers was, toe ‘n groep in Meersig in Walvisbaai beroof is. Een van die verdagtes is vasgetrek met die gehuurde rooi Volkswagen Polo waarin hulle van die toneel gevlug het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidvereniging van Namibië, wat sê ‘n sterk nasionale poging teen hierdie misdadigheid is nodig.