Landskappe moet holisties bestuur word

Die visekanselier van IUM, professor Osmund Mwandemele, sê projekte soos die Namibië Geïntegreerde Landskapbenadering vir die verbetering van lewensbestaan en omgewingsbestuur is uiters belangrik vir nasionale ontwikkeling. In sy mening is landskapbestuur, veral op ‘n geïntegreerde grondslag kritiek vir ‘n land soos Namibië wat op landbou staatmaak maar wispelturige reënval het. Die aanslag kyk holisties na landskappe en waarvoor hulle benut word en daarvolgens word ‘n bestuursplan ontwikkel.