Landelike gemeenskappe sukkel reeds met water

Verskeie landelike gemeenskappe ervaar reeds watertekorte. Inwoners van Okombahe, in die Daures-kiesafdeling van die Erongo-streek, worstel met tekorte as gevolg van infrastruktuur wat ingegee het. Daar is ook ‘n vertraging in die herstel van die nodige pype. Dit is ook nie die eerste keer wat die gemeenskap sonder water is nie en ‘n werkbare en volhoubare plan is nodig. Verder noord in Oshikoto ervaar inwoners van die Okankolo- en Eengodi-kiesafdelings reeds hulle jaarlikse krisis. Die poele het reeds opgedroog en putte se bronne daal skerp.