Landbouverwerkings-meesterplan sal hervorming in sektor bring
Die nuwe landbouverwerkings-meesterplan in die buurland sal hervorming in die sektor meebring. Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het aan die Nasionale Vergadering gesê die nuutgetekende plan sal die regering in staat stel om ‘n sektor wat wêreldwyd mededingend en inklusief is, daar te stel. Didiza het beklemtoon landbou-finansiering bly die kritieke element om te verseker dat landbou ‘n produktiewe sektor van die ekonomie bly. Die departement het tot op hede 400 miljoen rand van die toegewysde een miljard rand-toelae aan die Agri-nywerheidsfonds oorgedra.