Landbouministerie soek waterinfrastruktuur diensverskaffers
Die landbouministerie nooi voornemende diensverskaffers of maatskappye om hul maatskappyprofiele in te dien om op sy waterinfrastruktuur-databasis gelys te word. Die ministerie het ‘n uitdrukking van belangstelling vir verskeie waterverwante projekte geadverteer, onder meer die installering van mini-ontsoutingsaanlegte en die boor en toetsing van boorgate. Volgens die ministerie se skakelbeampte, Jona Musheko, is die projek al ‘n paar jaar aan die gang en sal dit voortgaan om Namibiërs van drinkwater te voorsien. Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.