Landbouministerie moet kyk na rooilyn, siektevrye sones, sê kabinet

Die kabinet het in sy nuutste besluite die geleidelike opheffing van die beperkings van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, aangespreek. Die landbouministerie is gerig om ‘n lewensvatbaarheidstudie oor die volgende twee finansiële jare te doen. Dit sal insluit die skep van voorgestelde siektevrye sones, wat ingrypings insluit soos die oprig van veeartsenyheinings en nuwe veeartshekke, om in 2027 te begin vir ‘n tydperk van vyf jaar. Die ministerie moet bevondsing verseker vir hierdie ingrypings in die geïdentifiseerde gebiede, wat die Mangetti-gebied insluit. Daar is sewe gebiede wat siektevrye sones kan word.