Kenner: Landbou is steunpilaar van Namibiese ekonomie

’n Namibiese landboukenner stem saam met die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah dat landbou geïdentifiseer is as ‘n belangrike ekonomiese sektor waarop Namibië moet fokus sodat dit beleggers kan lok om voedselsekerheid te verseker. Vir die Afrika-vasteland het die Covid-pandemie die belangrikheid van ‘n sekere vlak van selfstandigheid bevestig, hetsy op die gebied van dienste, voedsel, vervoer, energie, vervaardiging, en een van Namibië se prioriteite is om voedsel te verseker, sê sy. Landbou, het die minister bygevoeg, sal ‘n fokus bly vir Namibië se ekonomiese herstel-agenda saam met sy vernaamste bemagtigers, die energie- en watersektore. Landboukundige Wallie Roux, gee sy mening oor die belangrikheid van die landbousektor aan Kosmos 94.1 Nuus.