Landbou-wetenskaplikes van 28 lande in Ghana byeen

Meer as 200 wetenskaplikes gebruik navorsing om die opbrengs van droë-landgewasse te verhoog, deur netwerke vir die verbetering van streeksgewasse te ontwerp deur  ‘n nuwe benadering. Wetenskaplikes van 28 lande het in Ghana ontmoet en sê besprekings het nuwe insigte gebring en gehelp met program-ontwerp vir gewasse-verbetering vir bemagtiging van landbou. Die direkteur-generaal van die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing van Ghana, Paul Bosu, sê Afrika-lande moet daarna streef om hulself te voed en van netto-invoerders na netto-uitvoerders van voedsel te beweeg. Intussen sê die direkteur-generaal van Uganda se Nasionale Landbou-navorsingsorganisasie, Ambrose Agona, Afrika-regerings moet toereikende begrotings aan Landbou toewys.