Landbou waarsku oor onwettige insekdoder

Die Namibiese landbouministerie sê ‘n ongeregistreerde insekdoder, Dichlorvos, algemeen bekend as Boam/Bloom, met ‘n geel etiket op sy verpakking word onwettig die land ingevoer en verkoop. Die produk, wat veral vir kakkerlakke gebruik word, word aanlyn en in winkels verkoop. Dit is uiters gevaarlik. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die woordvoerder van die ministerie gesels. Hy sê die besit daarvan kan lede van die publiek in die moeilikheid bring.