Landbou verleng sluitingsdatum vir 3 groenskemas

Die Namibiese landbouministerie het die sluitingsdatum vir drie groenskemas wat in Oktober in die mark gesit is, uitgestel tot 16 Desember. Die drie is bykomend tot ander drie groenskema-projekte, insluitend ‘n suiwelprojek, wat die regering onlangs geadverteer het. Die regering is op soek na beide plaaslike en internasionale beleggers om hulle te bestuur. Die landbou ministerie sê dat hy van voorneme is om met beide plaaslike en internasionale beleggers saam te werk oor ‘n bou-bedryf-en-oordrag-model vir die Uvungu-vungu-, Ndonga Linena-, en Oranjerivier-besproeiingsprojekte. Volgens die ministerie se woordvoerder Jona Musheko is nog tyd nodig vir alle belangstellendes om voorstelle in te dien. Die aansoeke vir die vorige groenskemas word op die oomblik oorweeg. Musheko sê toekennings sal vroeg volgende jaar gemaak word maar kon nie ‘n datum bepaal nie.