Landbou-unies sê werkverliese op pad weens minimumloon

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma het bevestig dat die minimumloon op 1 Januarie 2025 in werking tree. Onder andere die landbousektor het gevra vir ‘n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging lewer kommentaar.

Adolf Muremi, die voorsitter van die Namibian National Farmers Union, sê veral werkers op kommunale plase gaan hulle werk verloor.