Landbou-unie ondersteun rooilyn-verskuiwing, mits reg gedoen

Die kabinet het die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, goedgekeur. Die landbouministerie sal ‘n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat die Mangetti-gebied insluit. Reaksie word nog ontvang en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die Namibiese Landbou Unie, wat sê hulle ondersteun die besluit, met sekere voorwaardes.