Landbou-unie bemoedig deur minister se visie

Die landbou-unie, TLU SA, sê hy is bemoedig deur die landbouminister, John Steenhuisen, se visie vir die sektor. Die minister het Dinsdag met die unie en ander organisasies vergader om die grootste uitdagings in die landboubedryf te bespreek. Steenhuisen het vier belangrike kwessies waaraan hy voorkeur gee, uitgelig. Dit sluit befondsing vir boere en bio-sekerheid vir diere en plante in. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê enige verantwoordelike regering sal die landbousektor koester.