Landbou spreek watertekorte in Oshikoto aan

Die landbouministerie is hard aan die werk om kritieke watervoorsiening uitdagings wat gemeenskappe in die Oshikoto-streek raak, aan te spreek. Meer as 300 nedersettings en openbare instellings soos skole, hospitale en polisiestasies word geraak. Die ministerie het reeds watertenkwaens ontplooi. Verskeie waterprojekte word ook bespoedig wat NamWater se Oshakati watersuiweringsaanleg, die Koning Kauluma watervoorsieningskema en die Oshivelo-Omutsegonime watervoorsieningskema insluit.