Landbou skort alle permitte op vir Chili, Argentinië

Die direktoraat van veeartsenydiens onder die landbouministerie sê die invoer en in transito-beweging van lewende pluimvee, voëls, rou pluimveeprodukte, lewende volstruise en rou volstruisprodukte van Argentinië en Chili is met onmiddellike effek opgeskort weens die uitbreek van die hoogs aansteeklike voëlgriep in daardie twee lande. Aangesien die inkubasietydperk van die siekte 14 dae is tree die opskorting in werking 14 dae voor die datum van die aanvang van die uitbreking – dus, 10 Februarie vir Argentinië en 24 Februarie vir Chili. Alle permitte is van die datums af, onmiddellik teruggetrek. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Albertina Shilongo, hoof van die diens gesels.