Landbou sê jammer vir watertekort in Noorde

Daar is groot kommer oor watervoorsiening in verskeie dele in die Noorde van die land. In Desember word daar normaalweg ‘n groot styging in die vraag na water aangeteken, nes by die kus, as gevolg van vakansiegangers en volgens berigte, kan NamWater nie meer water voorsien nie. Oshikoto het reeds uitdagings en die regering is onder toenemende druk om die probleem aan te spreek. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie Ndiyakupi Nghituwamata het die stappe wat hulle neem so aan die plaaslike uitsaaier die NBC, uiteengesit.