Landbou, rooilyn moet ook aandag kry, nie net olie, waterstof nie

Namibië se ambisieuse strewe na beide olie en groen waterstof is deur kundiges geprys as ‘n deurslaggewende strategie in die bekamping van armoede, ongelykheid en die skep van werksgeleenthede. President Hage Geingob is reeds in Brussel oor groen-waterstof ontwikkeling vir die land. Maar, daar is ook kritiek teenoor die regering uitgespreek wat al sy klem en fokus, sowel as hoop, op die groen-waterstof projekte en olie plaas. Die industrieë kort vaardighede wat die land nie aan beskik nie en ander sektore suip op die oomblik aan die agterspeen. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood het sy mening in die verband so verwoord.