Landbou-produkte het in Junie (baie) duurder geraak
High Economic Intelligence het ‘n ontleding van landbou in Junie vanjaar in Namibië gedoen. Daaronder was produkte met die hoogste inflasie gedurende die maand. Druiwe het met amper 42 persent gestyg terwyl broccoli en blomkool 23,4 persent duur geword het. Piesangs is op met 22,3 persent en soetrissies met 21,1 persent. Sjokolade is 16,9 persent duurder met grondboontjie botter en waatlemoen wat 16,3 persent duurder kos. Sitrusvrugte is 16,1 persent duurder en koffie, 15,3 persent. Die inflasie is vergeleke met pryse in Junie verlede jaar.