Landbou kyk na kordonheining op Angolese grens

Die Namibiese landbouminister het ‘n vatbaarheidstudie gelas om ‘n veterinêre kordonheining op die grens met Angola op te rig. Volgens wat berig word, sal die studie in die huidige finansiële jaar voltooi word. Die kwessie van die sogenaamde rooilyn is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met menings dat die boere nie ingesluit in uiters winsgewende markte nie. Die kwessie van bek-en-klouseer sowel as longsiekte is ‘n groot bedreiging vir die Namibiese beesvleis bedryf wat staatmaak op uitvoermarkte. Angola het nie die kapasiteit om die siektes te beheer nie en met die poreuse grens, wat ook net in teorie bestaan vir gemeenskappe wat daar woon, bly dit die grootste risiko vir die beesbedryf in die land.