Landbou hou groot vergadering aan die kus
Die Namibiese landbouministerie hou die week sy strategiese vergadering op Swakopmund. Volgens ‘n verklaring vorm die vergadering deel van sy jaarlikse beplanning in verband met sy strategiese plan. Donateurs soos die Duitse GIZ en die Wêreldvoedselprogram sal ook die sessies bywoon. Die ministerie het verskeie uitdagings op die oomblik waarvan die onmiddellike een die dreigende droogte is. Grondhervorming en watervoorsiening, wat ook onder sy portefeulje is, het verskeie uitdagings wat aangespreek moet word.