Landbou gee meer inligting oor watersyfers wat in New York gedeel is

Die Namibiese landbouministerie sê hy verskaf betroubare statistieke oor toegang tot water. Volgens die statistieke van 2022 het 97 persent van die stedelike bevolking toegang tot drinkwater wat in hul erwe beskikbaar is en voldoen aan nasionale drinkwater-kwaliteitstandaarde. Die oorblywende 3 persent is inwoners aan die buitewyke van stede wat water van ‘n gemeenskaplike waterbron kry wat binne ‘n stap-afstand van minder as een kilometer beskikbaar is. Altesaam 87 persent van die landelike bevolking het toegang tot ‘n verbeterde drinkwater. Die oorblywende 13 persent is die landelike bevolking wat steeds beperkte toegang tot water het en oor ‘n afstand van meer as 2,5 kilometer moet stap om water te kry. Die woordvoerder van die minister Jona Musheko, sê die statistieke bewys wat die ministerie doen.