Landbou en die droogte – hulp is dringend nodig
Namibië Boere Droogtehulp sê die droogte is ‘n groot krisis, veral met net sekere streke wat droogtehulp ontvang. Die kantoor van die eerste minister gee tans droogtehulp in die streke van Kunene, dele van Omusati en Erongo, Omaheke, Karas en Hardap maar dit sal moontlik uitgebrei word. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die organisasie gesels.