Landbou-ekonoom sê oor grondboontjies vs mielies

Talle Namibiese akkerbou-produsente oorweeg glo om hulle na dekgewas- en grondboontjieproduksie te wend in plaas daarvan om mielies aan te plant. Gerhard Engelbrecht, voorsitter van die Akkerbou Produsentevereniging, sê aan Agriforum produsente word gefinansier om grondbone te plant wat saad en kunsmis betref. Daar is egter reeds ‘n tekort aan mielies en koring in die land en die voedselbronne moet ingevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher vir sy reaksie hierop.

Dr. Laubscher sê grondboonproduksie het ‘n groot plek in die mark.