Landbou-ekonoom beaam studie oor koeie, koolstofvrystellings
‘n Landbou-ekonoom het sy reaksie gegee op ’n navorsingstudie wat waarsku dat meer as ‘n miljard koeie wêreldwyd teen die einde van die eeu hittespanning sal ervaar as koolstofvrystellings hoog is. Navorsers van die Universiteite van Kaapstad, KwaZulu-Natal en Chicago het bevind hoë vogtigheid benadeel beeste, en lei tot verminderde vrugbaarheid, verswakte groei in kalwers, verminderde melkproduksie en vrektes. Kenners waarsku dat dit veeboerdery en dierewelsyn negatief sal raak en boerdery-inkomste sal laat afneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher, gesels…