Land se eerste Nasionale Krieketstadion in wording

Die sooispit-seremonie van Namibië se Nasionale Krieketstadion het in Olympia in die hoofstad plaasgevind. Sport-minister Agnes Tjongarero sê dat die eerste internasionale krieket-stadion ooit die verbintenis om die groei van krieket in die Namibiese nasie te bevorder, simboliseer. Sy sê sy sien uit na wanneer Namibië saam met Suid-Afrika en Zimbabwe die Krieketwêreldbeker in Oktober en November 2027 gaan aanbied. Die eerste wedstryd van die toernooi gaan in die nuwe stadion gespeel word. Nambië gaan ook in Januarie 2026 saam met Zimbabwe die Onder-19 Krieketwêreldbeker vir mans aanbied.