Land het meer skole vir spesiale behoefte-leerders nodig
‘n Ondersoek deur die parlementêre staande komitee oor onderwys, wetenskap, inligting- en kommunikasietegnologie en jeugontwikkeling, het uitgelig dat die skoolkurrikulum die oorsaak is vir die hoë druipsyfer in die land. Die kurrikilum maak ook nie voorsiening vir leerders met leerprobleme en spesiale behoeftes nie. Die vraag ontstaan oor die bevordering van spesiale behoefte-skole, aangesien die aandag op hoofstroomskole bly. Kosmos 94.1 het met Linda Baumann, menseregte-aktivis, gepraat oor die belangrikheid daarvan om skole vir spesiale behoefte-leerders te desentraliseer en om hulpbronne te rig om meer spesiale behoefte-skole te bou.