Lamola weet nog nie wat brand by Limpopo-tronk sal kos nie

Die buurland se minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê spesialiste werk onverpoosd om die koste te beraam na die brand by die privaat beheerde Kutama Sinthumule-tronk in Limpopo. Vier mense is dood in die brand wat verlede week van die tronk se geboue vernietig het. Die minister het die fasiliteit besoek. Lamola sê die tronk kan 3 024 hoërisiko-gevangenes huisves, maar hulle is weens die brand na ander tronke oorgeplaas.