Lamola moet druk vir SAOG-hervormings: DA
Die DA versoek die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, om te druk vir betekenisvolle hervormings binne die SAOG by die 44ste Beraad vir Staats-en Regeringshoofde in Zimbabwe. Woordvoerder Emma Powell beklemtoon die dringende behoefte om die SAOG-tribunaal opnuut te vestig, sy onafhanklikheid te verstewig en die besluitnemingsmagte van die administratiewe vleuel van die organisasie te verbeter. Sy vra ook vir hervorming van die dubbel-troikastelsel om te voorkom lidlande ry streeksvooruitgang in die wiele.