Lamola hoop op vreedsame SAOG-spitsberaad in Zim
Die buurland se minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, hoop op ‘n vreedsame 44ste SAOG-spitsberaad van staatshoofde en regerings in Zimbabwe. Met die Raad van Ministers se vergadering in Harare het Lamola die tema van die bevordering van innovering vir volhoubare ekonomiese groei, beklemtoon. Hy het uitdagings in die noorde van Mosambiek en die Ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo erken en voortdurende pogings om streekstabiliteit te herstel, geloof. Lamola lei die naweek ‘n afvaardiging na die spitsberaad.