Lamola glo skietstilstand enigste oplossing vir deurgang van Gaza-hulp

Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, glo ‘n skietstilstand is die enigste oplossing om die deurgang van hulp na Gaza moontlik te maak. Lamola lei ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na ‘n internasionale noodvergadering in Jordanië en het die noodsaaklikheid benadruk van volgehoue hulp aan en beskerming van burgerlikes en hulpwerkers. Hy het Amerikaanse pogings verwelkom asook die uitspraak deur die Internasionale Strafhof en het die noodsaaklikheid van volgehoue humanitêre hulp beklemtoon. Die konferensie sal die benarde humanitêre situasie in Gaza bespreek asook moontlike vrede.