Lahja palm brons in, Warriors verloor 1-0

In plaaslike sportnuus het Namibië se Lahja Ishitile brons verower in Parys deur derde te kom in die T1 200-meter finaal by die Paralimpiese Spele. Dit is haar tweede medalje by die jaar se Spele met ‘n goue medalje wat sy vir die T11 400-meter ingepalm het. Intussen het die Brave Warriors 1-0 teen Kameroen in die kwalifiseringsreeks vir Afcon verloor. Hulle sal die span weer aandurf in ‘n tuis-wedstryd in Johannesburg.