Laerskool-leerders betrap met handgemaakte wapens wat kan skiet
Daar is uiters kommerwekkende berigte uit Ohangwena met leerders van ‘n laerskool in die streek wat handgemaakte wapens, wat lewendige ammunisie gebruik, besit. Die wapens is van hout gemaak maar, het dele van regte wapens. Die wapens is blykbaar nie by die skool gevind nie. Isack Hamatwi, die onderwysdirekteur in die streek, het aan plaaslike media bevestig dat die polisie die saak ondersoek maar, het bygevoeg dat die sogenaamde innoverende skeppings van die leerders moontlik kan voortspruit uit hul studies in kuns, ontwerp en tegnologie binne die skoolkurrikulum. Die kinders gebruik glo die tuisgemaakte gewere om voëls en klein diere te jag. Die kinders sal nie geskors word nie.