Laerhowe handel net 32% van sake af

Howe in Namibië, wat streekshowe, distrikshowe en landdroshowe insluit, het in die vorige finansiële jaar net meer as 64 000 sake hanteer met ‘n skamele 32 persent wat afgehandel is. Volgens die minister, Yvonne Dausab, dui die lae tempo van die voltooiing van sake daarop dat kapasiteit in laerhowe geskep moet word. Op die oomblik laat die struktuur net 104 landdrosse toe, wat nie genoeg is nie. Daar is ook ‘n toename in sake, vergeleke met vorige jare. Namibië se laerhowe is daarvoor bekend dat sake herhaaldelik uitgestel word, dossiere wegraak, aanklaers siek is en getuies nie opdaag nie.