Laer kragtariewe vir pensioenarisse: Nored

Nored beplan om elektrisiteitskoste vir pensioenarisse met 5,4 persent te verminder, volgens sy nuutste aansoek by die Elektrisiteitsbeheerraad, ECB. Huiseienaars en sake-eienaars kan verwag om tussen 7,7 persent en 10,3 persent meer te hoes. Die aansoek moet nog goedgekeur word. Klein- tot mediumgrootte ondernemings se elektrisiteitstarief sal met 8,4 persent styg. Groot besighede en instellings soos groenskemas, wat in die institusionele vraag-kategorie val, se tariewe sal 8 persent hoër wees, en instellings in die spesiale kategorie sal 10,3 persent meer betaal. Die gemiddelde tariefverhoging, volgens Nored se aansoek, is 7,7 persent.