Laer brandstofpryse in Junie al meer waarskynlik

Die rand het versterk teenoor die dollar, wat positiewe vooruitsigte vir brandstofpryse in Junie verder verhoog, en verlagings in die pryse van alle brandstowwe is waarskynlik. Die Automobielvereniging sê laer internasionale oliepryse kan ook tot ‘n daling lei. In Mei het petrol plaaslik skerp met 70 sent per liter gestyg, terwyl dieselvariante met 40 sent per liter geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat oor sy voorspelling vir Junie.