Laer brandstofpryse bring minimale verligting – Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die brandstofprysverlaging verwelkom en merk op dit bring minimale verligting. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die pryse bly 45-persent hoër as voor die Russies-Oekraïense konflik in 2022 eskaleer het. Hy sê ondanks hierdie verlagings staar Suid-Afrikaners steeds hoë rentekoerse en beurtkrag in die gesig, wat klein ondernemings en huishoudings steeds onder druk plaas: