Lae Hardap-slaagsyfers onder die loep

Die adjunk-onderwysminister Faustina Caley het haar kommer oor die lae slaagsyfer in die Hardap-streek uitgespreek. Volgens die syfers het laer primêre leerders ‘n indrukwekkende slaagsyfer van 99,8 persent maar dit neem skerp af. In graad 4 is 3 005 studente bevorder, maar net 61 persent het tot graad 5 gevorder. Die bevorderingskoers daal weer in graad 5 na 57,9 persent. Graad 8 vertoon nog erger met ‘n bevorderingskoers van 28,9 persent, graad 9 het ‘n effense toename tot 39,6 persent gehad, en graad 10 het ‘n bevorderingskoers van 32,5 persent gehad. Die mees kommerwekkende afname was in graad 11, waar die bevorderingskoers tot 19,9 persent gedaal het. Graad 12 het merkbare verbetering getoon met ‘n bevorderingskoers van 73,5 persent. Taal en wiskunde bly die grootste uitdaging.