Lady R-ondersoek: Cyril het reg opgetree
Die buurland se Presidensie sê president Cyril Ramaphosa het binne die wet opgetree toe hy die afgetrede Gautengse adjunkregter-president Phineas Mojapelo aangestel het as hoof van die paneel wat die Lady R-dispuut ondersoek het. Die DA nader nou die howe om die grondwetlikheid van Mojapelo se aanstelling te betwis. Die paneel het bevind daar was geen bewyse van wapens wat in Desember verlede jaar op die Russiese Lady R-vaartuig in Simonstad, Wes-Kaap, gelaai is nie. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is vol vertroue dat Mojapelo se aanstelling ondersoek sal deurstaan: