Lady R: DA maak beswaar oor Surty se insluiting in ondersoek

Die DA sê hy maak beswaar teen die gewese adjunkminister van Basiese Onderwys, Enver Surty, se insluiting op die paneel wat die Russiese vaartuig, Lady R, ondersoek. Die boot het in Desember verlede jaar in Simonstad, Kaapstad, anker gegooi. Surty is deel van ‘n paneel van drie lede wat President Cyril Ramaphosa aangestel het om onder andere te bepaal of enige wapens van die boot op- of afgelaai is. Kobus Marais van die DA sê Surty se bande met die ANC laat vrae ontstaan oor die onpartydigheid en onafhanklikheid van die ondersoek: