Laat Phala Phala-sage nou met rus – politieke kenner

Die politieke ontleder in die buurland, Levy Ndou, sê dit het tyd geword om President Cyril Ramaphosa toe te laat om sy werk te doen. Dit volg nadat die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, bevind het hy is nie skuldig aan enige oorreding in die Phala Phala-sage nie. Die bevindinge het oor die naweek uitgelek. Die reaksies van die ontvangers van die voorlopige verslag sal oorweeg word voor die finale verslag uitgereik word. Volgens Ndou bewys die bevindings dit het tyd geword vir Suid-Afrikaners om die Phala Phala-sage met rus te laat.