Laat ons jul wapens in Rusland gebruik, pleit Zelensky
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn beroep op Westerse bondgenote soos Amerika, Brittanje en Frankryk gedoen om Kiëf toe te laat om hulle wapens te gebruik om dieper in Rusland toe te slaan. Dit volg ná ʼn reuse-aanval op Oekraïne waarin minstens ses mense dood, en krag- en watervoorsiening erg beskadig is. Kief mag sekere Westerse wapens gebruik om teikens binne Rusland te tref, maar nie langafstandwapens nie. Zelensky sê hulle kan meer doen om lewens te beskerm indien Europese lugmagte saam met Oekraïne se lugverdediging werk.