Laat die potte prut vir bewaring van swartrenosters
Kamp Vrede naby Dordabis bied op 3 Junie ‘n potjiekoskompetisie, skattejag en veiling ten bate van die bewaring van Namibiese swartrenosters aan. Skakelbeampte Sarita Smit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan ‘n pretdag vir oud en jonk wees en spanne genooi om in te skryf.
Smit kom môreoggend in Kosmos 94.1 Nuus se uitsaaiboetiek meer vertel oor die potte wat gaan prut.