Laaste vonnisoplegging in George Floyd-sageAugust 8, 2023
‘n Voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Tou Thao, is tot vier jaar en nege maande gevonnis vir sy rol in die dood van George Floyd. Hy het in Mei 2020 besorgde omstanders teruggehou toe nog ‘n voormalige polisiebeampte Derek Chauvin op Floyd se nek gekniel het terwyl hy om sy lewe gepleit het. Die vonnisoplegging bring ‘n einde aan ‘n reeks verhore waartydens die vier voormalige beamptes wat by Floyd se dood betrokke was, almal skuldig bevind is. Regter Peter Cahill sê die feit dat Thao nie verantwoordelikheid geneem en ook nie berou getoon het nie, het tot ‘n swaarder vonnis gelei.