Laaste verdagtes in Lusikisiki-moorde aangekeer

Die laaste drie gesoekte verdagtes wat verbind word met verlede maand se moord op 18 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap is vanoggend aangekeer. Die inhegtenisnemings volg minder as 24 uur nadat die polisie die hulp van die publiek gevra het met die opspoor van die verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 31. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê hulle gaan nie in dié stadium onthul waar hulle aangetref en in hegtenis geneem is nie omdat dit die ondersoek in die wiele kan ry.