Laaste kans vir Baba-Bokke
Rugby: Die Junior Springbokke speel môre teen Argentinië in hulle laaste wedstryd in die Onder-20 Rugbykampioenskap in Australië, na ‘n teleurstellende toernooi tot dusver. Hulle het gelykop gespeel teen die Junior All Blacks en daarna teen die gasheer verloor. Zachary Porthen keer terug as kaptein na ‘n handbesering. Hoofafrigter Bafana Nhleko het groot veranderings aan die Baba-Bokke se opdrafspan gemaak en slegs vier spelers behou hulle posisies na die wedstryd teen die Wallabies. Afskop in Bokarina is môre-oggend om half-ses, Suid-Afrikaanse tyd.