Laaste Franse troepe verlaat Niger

Die laaste Franse troepe het hulle aan Niger onttrek, wat ‘n einde beteken van meer as ‘n dekade van Franse teen-jihadistiese operasies in Wes-Afrika se Sahel-streek. Met die ontrekking van Franse troepe uit Niger, bly honderde Amerikaanse militêre personeel, en ‘n aantal Italiaanse en Duitse troepe, in die land oor. Frankryk het gesê hy sal sy sowat 1 500 soldate en vlieëniers onttrek, nadat die voormalige Franse kolonie se nuwe regerende generaals ná ‘n staatsgreep op 26 Julie geëis het dat hulle vertrek.